Polisieman
vas wat rower glo help
2012-07-08 23:03
Marietie Louw-Carstens
Limpopo se Valke het gisteroggend ’n polisieman in Gauteng in
gearresteer omdat hy ’n vermeende transitorower glo in Polokwane van die
polisie gehelp vlug het.
Die 31-jarige konstabel, wat by die O.R. Tambo-lughawe gestasioneer is, is by sy huis in Tembisa aan die Oos-Rand gearresteer.
Brig. Hangwani Mulaudzi, kommunikasiehoof van die Limpopo-polisie, het gesê die konstabel het glo een van die vier vermeende transitorowers gehelp wat op 8 Mei geld by Protea Coin Security in Polokwane gesteel het.
Rowers het die veiligheidswagte oorval toe hulle geldtrommels by die Mokone-motorhawe gaan haal het. Hulle het met drie geldtrommels gevlug. Dit is onbekend hoeveel geld in die trommels was.
Die rowers het in ’n BMW gevlug. Die motor is later buite die stad gekry. Daar word vermoed die konstabel was dié dag in Polokwane en het een van die rowers, wat hy ken, gehelp om te vlug.
Die vier rowers is steeds op vrye voete.
Die konstabel verskyn vandag in die Polokwane-landdroshof op aanklag van dwarsboming van die gereg.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisieman-vas-wat-rower-glo-help-20120708