Local News
Interne
ondersoek na polisielede moontlik na voorval
15:20 (GMT+2), Mon, 25 August 2014
Stilfontein
- Die Noordwes polisie sal ’n interne ondersoek na van sy lede loods indien dit
blyk dat hulle moontlik betrokke was by die aanranding van’n 37-jarige man van
Stilfontein.
Dit volgens SAPS woordvoerder Sabata Mokgwabone. Barend Esterhuizen is
glo verlede week Donderdag deur ’n groep polisiebeamptes aangerand.
Hy word vandag uit ’n Klerksdorpse hospitaal ontslaan na hy in die
beweerde voorval ’n gebreekte neus en kakebeen opgedoen het.
Esterhuizen word aangekla van roekelose en nalatige bestuur sowel as
bestuur onder die invloed van drank. Hy voer aan dat hy deur die beamptes
aangerand is na hulle hom afgetrek het omdat hy ’n verkeerslig verontagsaam het
en op sy selfoon gepraat het.
Die saak teen hom is tot 9 September uitgestel.
Dane Beisheim/OFM-nuus