Wednesday, January 23, 2013

Crimes of the cSouth African Police Service



Nóg ras-sake teen polisie
2012-08-09 21:34

Jani Meyer

Die vakbond Solidariteit het nog drie sake van onbillike diskriminasie op grond van ras na die arbeidshof verwys om die polisie te dwing om drie polisielede te bevorder.

Solidariteit het reeds 14 arbeidsake teen die polisie.

Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se arbeidshofafdeling, het gesê die polisie het in April 2010 ’n nuwe rangstelsel bekendgestel. Twee nuwe range, luitenant en majoor, is ingestel om adjudant-offisiere en kapteins die geleentheid tot bevordering te gee.

Volgens die vakbond word wit beamptes oorgesien.

“Die beskikbare poste in die rang van kaptein, luitenant en majoor is volgens ras en geslag in groepe verdeel, maar daar is nie bekendgemaak hoeveel poste aan elke ras- en geslagsgroep toegeken is nie.”

Solidariteit voer die hofsaak namens kapt. Johannes van der Walt, kapt. Monty Stone en ao. Natascha le Roux.

Die vakbond het in Julie ook hofstukke by die arbeidshof in Johannesburg ingedien waarin hulle die hof vra om die polisie se regstellings­aksie-plan ongeldig te verklaar omdat dit strydig is met die Wet op Billike Indiensneming en die Grondwet.

Van der Walt, verbonde aan die eenheid vir sigbare polisiëring in Pretoria, het 28 jaar diens, maar is nie vir bevordering tot majoor oorweeg nie. Hy het in Augustus 2011 ’n grief ingedien.

Die saak is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys en later na die arbeidshof.

Stone, verbonde aan die misdaad- rekordsentrum in Pretoria, het 29 jaar diens en het in Junie 2011 gesien hy is nie een van die 62 kandidate wat in Gauteng tot majoor bevorder is nie. Hy het ’n grief ingedien.

Die saak is na die KVBA verwys en later na die arbeidshof.

Le Roux, verbonde aan die speurtak by Mooiplaas in die Oos-Kaap, het 22 jaar diens en het in verskeie senior poste waargeneem.

Sy het in Januarie vanjaar ’n grief ingedien nadat verskeie kollegas bevorder is en is meegedeel dat nie almal wat aan die minimum kriteria voldoen, bevorder kan word nie. Die KVBA het die saak in April na die arbeidshof verwys. 

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Nog-ras-sake-teen-polisie-20120809