Saturday, December 22, 2012

Crimes of the South African Police Service

SAPS trump up charges- false arrest
2012-04-09
Philip de Bruin - Beeld senior legal editor, writes:
Description Greek-SA businessman Cacouris Amiras, 55, gets R150,000 damages from SAPS for trumped up false arrest under pretence of a 'vehicle theft'- and horrid police-jail treatment: arrested over genuine mix-up in registration of a vehicle...
Johannesburg – ’n Gesiene sakekonsultant van Johannesburg het sy eis weens kwaadwillige en onregmatige inhegtenisneming en vervolging in die Johannesburgse hooggeregshof gewen.  Cacouris Amiras (55) het in 2007 ’n sleepwaentjie aan ’n kennis, ene Fryer, verkoop. Fryer het die waentjie egter nooit op sy naam laat registreer nie.Een van Fryer se voertuigbestuurders is in September 2008, terwyl hy die waentjie gesleep het, deur die polisie voorgekeer.  ’n Ondersoek het aan die lig gebring dat die waentjie nie in sy werkgewer se naam geregistreer is nie en hy is na Sandton se polisiekantoor gebring omdat die polisie geglo het die waentjie is gesteel. Fryer is ontbied en op sy beurt het hy Amiras gevra om na die polisiekantoor te kom om die polisie in te lig dat die waentjie nie gesteel is nie.
By die polisiekantoor het konst. C.A. Lemmetjies, die ondersoekbeampte, Amiras meegedeel dat die waentjie volgens die polisie gesteel is en dat hy (Amiras) in hegtenis geneem gaan word op aanklag van motordiefstal.
Ondanks verskeie pogings om borgtog te kry is Amiras eers 36 uur later hof toe gebring en op borgtog vrygelaat. Die klagte teen hom is later laat vaar.  Amiras het voor waarnemende regter J. Mphahlele in die hooggeregshof getuig dat hy verneder is deur die inhegtenisneming, aanhouding en vervolging, onder meer omdat van sy sakevriende daarvan uitgevind het. Hy is 36 uur in haglike toestande aangehou, ondanks die feit dat Lemmetjies al die dokumente in sy besit gehad het om te kon bepaal dat Amiras nié die waentjie gesteel het nie, maar dit aan Fryer verkoop het.  Mphahlele het bevind dat Lemmetjies se gedrag “kwaadwillig” was en dat daar geen regverdiging bestaan het om Amiras in hegtenis te neem, aan te hou of te vervolg nie.“Ek vind dit onaanvaarbaar,” het hy gesê.
Regter Mphahlele het beveel dat Lemmetjies en die minister van polisie R150,000 skadevergoeding plus rente van 15,5% terugwerkend van Mei 2009 aan Amiras moet betaal. Hulle moet ook al Amiras se regskoste betaal.
http://afrikaans.news24.com/Suid-Afrika/Nuus/Sakeman-wen-eis-teen-konstabel-minister-20120409