Cop rape glo girl
wat in sy straat bly
Ayoba0Aikôna0
Deur keith
meyer Vrydag 16 Januarie 2015 04:38
trauma: ’n
Cop is in arres nadat hy glo ’n vrou verkrag het. Foto ter illustrasie:
jonathan lestrade
RIVERSDAL. –
Hulle woon in een straat en enkele meter van mekaar.
Maar die cop
het glo ’n girlie op die draai van die jaar ge-rape. Die cop loop nou hof vir
die beweerde oortreding.
’n Bron
vertel: “Die saak kom in Albertinia voor, maar het na bewering in Riversdal
gebeur.
“Die ou het
glo met vier mense rondgery. Toe laai hy eers die ander drie af.
“Hy het seker
toe al planne gehad met die niksvermoedende meisie.”
Volgens ons
bron het die voorval op ’n plaas buite die dorp gebeur.
“Die cop is
nie van Riversdal nie, maar loseer glo in daardie straat. Die ou is eers enkele
dae ná die beweerde verkragting aangekeer. Nou moet die reg sy gang gaan.
“As dit waar
is, is dit ’n kwade dag vir die manne in blou, want ons moet mos vertroue in
hulle hê.
“Mense begin
nou die manne in blou wantrou.”
Die verdagte
werk in Suurbraak.
Kapt. Malcolm
Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê hulle kan nie kommentaar oor die beweerde
voorval lewer nie omdat dit tans deur Opod ondersoek word.
Die
Opod-woordvoerder, Moses Dlamini, het die verdagte se arrestasie bevestig.
“Hy (die
verdagte) het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel vir ’n formele
borgtogaansoek.”