Sunday, November 27, 2016

Crimes of the South African Police Service

Interne ondersoek na polisielede moontlik na voorval
15:20 (GMT+2), Mon, 25 August 2014

Stilfontein - Die Noordwes polisie sal ’n interne ondersoek na van sy lede loods indien dit blyk dat hulle moontlik betrokke was by die aanranding van’n 37-jarige man van Stilfontein.
Dit volgens SAPS woordvoerder Sabata Mokgwabone. Barend Esterhuizen is glo verlede week Donderdag deur ’n groep polisiebeamptes aangerand.

Hy word vandag uit ’n Klerksdorpse hospitaal ontslaan na hy in die beweerde voorval ’n gebreekte neus en kakebeen opgedoen het.

Esterhuizen word aangekla van roekelose en nalatige bestuur sowel as bestuur onder die invloed van drank. Hy voer aan dat hy deur die beamptes aangerand is na hulle hom afgetrek het omdat hy ’n verkeerslig verontagsaam het en op sy selfoon gepraat het.

Die saak teen hom is tot 9 September uitgestel.

Dane Beisheim/OFM-nuus