Tuesday, June 18, 2019

Crimes of the South African Police Service


Verkeersbeampte Teister Vrou in Wes-Transvaal


POTCHEFSTROOM – Heidi Boshoff was die betrokke aand van 1 Julie omstreeks 21:00 in Wes-Transvaal saam met haar seun en sy meisie op pad huis toe. Hulle is deur ‘n verkeersbeampte voorgekeer.
Volgens Heidi het die verkeersbeampte wat hulle voorgekeer het, van die begin af ’n aggressiewe houding teenoor haar gehad. Hy het haar gevra vir haar lisensie en sonder om te dink het Heidi haar lisensie, wat reeds verval het, vir die beampte gegee. Sy het eers besef dit is die verkeerde lisensie nadat sy dit vir hom gegee het. Haar nuwe lisensie was blykbaar by die huis. Die verkeersbeampte het vir haar gevra hoeveel sy die aand gedrink het. Heidi se reaksie was dat sy glad nie gedrink het nie.
Die verkeersbeampte het Heidi beveel om eerder stil te bly, want hy het beweer sy het na drank geruik en praat te veel. Die Beampte het Heidi se ou lisensie geneem en by hom gehou en versoek sy moet saam met hom na die kliniek oorkant Turkstra gaan vir ‘n asemtoets en bloedtoetse. Die verkeersbeampte het haar gevolg tot by haar seun se meisie se huis, sodat sy die kinders kon aflaai. Heidi het egter nie gemaklik gevoel om alleen saam met die verkeersbeampte na die kliniek, wat sy vermoed het toe is, te gaan nie. Sy het haar seun se meisie gevra om haar pa te roep om saam met haar te ry.
Blykbaar toe die beampte hoor sy vra die man om saam met haar te gaan, het hy onmiddellik gevra wat doen sy nou. Die verkeersbeampte het daarna vir haar gesĂȘ dit is nie nodig vir die toetse nie en dat hy haar sal laat gaan met ‘n waarskuwing. Heidi het daarop aangedring dat hulle toetse gaan doen, maar die verkeersbeampte het volgehou dat dit nie nodig is nie en weggery – Potchefstroom Herald