Wednesday, June 19, 2019

Crimes of the South African Police Service


Cop Rapes Girl that lives in his Street

Deur keith meyer Vrydag 16 Januarie 2015 04:38

trauma: ’n Cop is in arres nadat hy glo ’n vrou verkrag het. Foto ter illustrasie: jonathan lestrade

RIVERSDAL. – Hulle woon in een straat en enkele meter van mekaar.
Maar die cop het glo ’n girlie op die draai van die jaar ge-rape. Die cop loop nou hof vir die beweerde oortreding.
’n Bron vertel: “Die saak kom in Albertinia voor, maar het na bewering in Riversdal gebeur.
“Die ou het glo met vier mense rondgery. Toe laai hy eers die ander drie af.
“Hy het seker toe al planne gehad met die niksvermoedende meisie.”
Volgens ons bron het die voorval op ’n plaas buite die dorp gebeur.
“Die cop is nie van Riversdal nie, maar loseer glo in daardie straat. Die ou is eers enkele dae ná die beweerde verkragting aangekeer. Nou moet die reg sy gang gaan.
“As dit waar is, is dit ’n kwade dag vir die manne in blou, want ons moet mos vertroue in hulle hê.
“Mense begin nou die manne in blou wantrou.”
Die verdagte werk in Suurbraak.
Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisie­woordvoerder, sê hulle kan nie kommentaar oor die beweerde voorval lewer nie omdat dit tans deur Opod ondersoek word.
Die Opod-woordvoerder, Moses Dlamini, het die verdagte se arrestasie bevestig.
“Hy (die verdagte) het reeds in die hof verskyn en die saak is uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek.”